0%

Gerq

SOUTH AFRICAN //


SHARE

Biography


Gert Doubell het as ‘n jong seun sy liefde vir musiek van sy ma se kant van die
familie af gekry. Sy ouma kon ‘n hele aantal musiek instrumente bespeel an so
het GerQ dan op laerskool reeds ingeskryf vir orrel lesse en dit suksesvol
voltooi.

Op hoërskool het hy homself leer kitaar speel en was lief daarvoor om
gedigte te skryf wat hy later in toonsetting omgeskep het. Hy het veral begin
belang stel in die country musiek genre en die stories wat met musiek vertel
kan word, wat dan gelei het daartoe dat hy in sy matriek jaar ingeskryf het vir
‘n country kompetisie by die destydse Zillertal in Pretoria. Hy het toe daarna in
sy studentejare by die Acapella koor in Pretoria aangesluit en vir ‘n geruime tyd
saam met hulle getoer en opgetree waarna sy verpligtinge in die Suid
Afrikaanse Weermag hom so effe van die musiek vervreem het.

Hy het later jare begin om eenman vertonings te doen in en om Pretoria en so aangesluit
by ‘n orkes met die naam van “Die Boskroegorkes”. Die orkes het toe later
opgebreek en GerQ het begin skryf.

Op ‘n gevorderde ouderdom het hy toe syeerste Afrikaanse cd opgeneem bestaande uit sy eie komposisies en in diebegin van 2019 sy eerste country cd genaamd Memorable Favourites ook
opgeneem. Hy tree tans gereeld op en sy musiek is nou beskikbaar op aanlyn
musiek winkels soos Spotify, I-tunes, Apple Music en Music Pro. Hy werk tans
aan nuwe material wat eersdaags die lig sal sien. GerQ is ‘n Suid Afrikaanse
country gunsteling met ‘n verskil.

Booking


Agency Radio X5 Stereo Entertainment

Phone 083 505 0329

Email [email protected]

Expand
PlayCoverTrack Title
Track Authors